About Me

My photo
Gqeberha, Eastern Cape, South Africa

Thursday, August 1, 2013

GEDIG VIR ELISABETH EYBERS


gedig vir Elisabeth Eybers

dit was makliker
om as dogter en digter
die kollig te vermy


maar ag wat ‘n slag
toe jou seun heengaan
en die lewe sy bordjies
om jou raam


en ál waarop jy kon staan –


'n geslypte loopraam
wat soos ‘n diamant
in een hand pas
en die dood en lewe
wat die ander was

No comments:

Post a Comment

Ons boek aan personeel en studente van Michigan State University by Nelson Mandela Universiteit oorhandig

Ons boek, ‘Madiba se Aanhalings en Staaltjies,’ ondersoek 27 kern-aanhalings van Nelson Mandela. Daar word ‘n verbintenis getrek tussen elke...