About Me

My photo
Gqeberha, Eastern Cape, South Africa

Thursday, August 1, 2013

ELEGIE VIR 'N DIGTER

elegie vir ‘n digter
(vir Patrick Petersen 1951-1997)

ek is ‘n doodgewone ou
wie die reënboogkleure meng
en ‘n huldeblyk verf
nét vir jou

só swaar om protes en pyn
deur jou pen te voel vloei
tog was dit vir joú
ver verhewe bo vers en kwatryn

noú wil ek jou prentjie skilder
op ‘n doek wat nooit sal afskilfer

want ál onthou ek
die gehuil van ‘n pen
versteen in ‘n oomblik
toe bloed en metaal meng
weet ek ook jỳ
kon jou oë in vrede sluit
met jou laaste huistoery

٭ Patrick Petersen was ‘n dominee, digter en uitgewer. Hy het op 6 Junie 1997 in ‘n motorongeluk gesterf.

No comments:

Post a Comment

Kreatiewe Beserings

Kreatiewe Beserings – Selwyn Milborrow Ek dra al dekades lank die littekens van ’n kreatiewe besering. As ’n bruin seun in die laat tagtigs,...