Waaroor gaan my boek 'Skitterdinge en Skoeloeloe'?
Zandi Kauapirura los alles wat sy ken in Windhoek en trek saam met haar ma na Suid-Afrika, 'n nuwe land, 'n nuwe dorp en 'n skool waar sy niemand ken nie. By Laerskool Bloemendal lag party kinders vir haar Herero-vlegels en haar "snaakse" Afrikaans, en die groot hekke voel vir haar soos tronkdeure.
Maar Zandi dra 'n koperarmband van Ouma Kovii, en saam daarmee die woorde ‘stories het mag’. Met die hulp van nuwe maats, Ayanda en Tommie, ontdek sy dat haar stories brûe kan bou waar mure gestaan het. Van Herero-erfstukke, stories en woestynsand tot Zoeloe-krale en Karoo-kristalle: elke kind bring sy eie skitterding skool toe.
'n Warm, kleurvolle storie oor identiteit en anders wees, oor trots op jou wortels en komvandaan, en ook oor die moed om jouself te wees wanneer 'n boelie jou wil verkleineer. Want dis juis ons verskillende kleure, kulture en stories wat die wêreld laat skitter, en 'n lekker skoeloeloe skoppery bring almal saam!
My boek is geskik vir Graad 4 Huistaal / Graad 5 Eerste Addisionele Taal, met gratis aflaaibare memorandum vir vrae wat agterin die boek verskyn.
Navrae hdeclercq@jbp.co.za of hviljoen@jbp.co.za https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9781776073207


No comments:
Post a Comment