!Xthui-Goab se goggatjies
(Vir Saartjie Baartman en Dawid Stuurman)
reëntbooggoggatjies of rooibaadjies
maak hulle se verskyning na die reënt
om te kô kyk of dit genôg gereëntit
soe moetie hulle seer of doodmaakie
hulle is yt en yt deurie liebe Jirre gestuur
om te kô kyk of dit genôg gereëntit
wan hoe gat hy wiet of hy nôg reënt moet stuur
en of hy die waters moet lat trughou
ôs oumense het innie veld gebly
da’em ken hulle al hierie se storietjies
hulle kônsie gelees of geskryf hettie
en het ôkkie ‘n Bywel gehettie
maar het hulle se eie God gehet –
!Xthui-Goab, die maker van als
van goggatjies tot ôs tjeeners
da’em elke keer assit reënt
stuur !Xthui-Goab sy mêsiendjers
om seker te kô maak latie reënt
genôg was vir sy tjeeners
en ôk vir hulle se vee
soe moetie hulle seer of doodmaakie
hulle is yt en yt deurie liebe Jirre gestuur
om te kô kyk of dit genôg gereëntit
wan hoe gat hy wiet of hy nôg reënt moet stuur
en of hy die waters moet lat trughou
My gedig is geïnspireer deur Elias P Nel se kortverhaal “Jalontjie se strafreën” uit die bundel “Die stukke wat ons sny”, Kwela boeke, 1999.
No comments:
Post a Comment