taxi driver, djy’s ’n gateway na hel ou pêl
hoe haatsee is ittie om te sien
djy issie gepla oo ôse lewens’ie
ôse harte kadoef-kadoef oppie beat
van djou aansteeklike rhythm
wat speed straps lielik duck en dive
skielik hoo ‘n man skreeuende tyres
en ‘n groot slag en tientalle opslag
dood toe die emergency ouens appear
taxi driver, ek sêrit soesit is
djy gaan nog ôs ammel uit wipe
wan djy’s ‘n brug tussen lewe en dood
en als net vi djou ennie taxi laanie se daily brood
© 2020 Selwyn Milborrow
NB: Image is subject to copyright
No comments:
Post a Comment