Elegie vir Nelson
Mandela
Vandag, 5 Desember 2013, is dié dag –
‘n oomblik vir stilstaan, onthou en besin oor ‘n leier soos
min.
In hierdie oomblik van stilte
laat ons mooier luister, beter verstaanen sodoende duideliker praat –
nederig en sonder enige kwaad.
Met Hani se dood was ons land op ‘n mespunt
en het jy gepleit om sy dood nie te wreek,maar liewer vrede en versoening te preek
en ons red van ‘n burgeroorloghel.
Jy’t onthaal met konings en presidente
en prinse en prinsesse, tee met tannies genieten 'n springboktrui by ‘n wêreldbeker gedra.
Onder jou leierskap het ons ver gekom
en nou kan ons alleen voortgaanwant jy laat agter ‘n morele kompas.
Jou heengaan laat ‘n leemte
nie net vir ons reënboognasie nie,maar die hele mensdom.
Tata, die ouderdom het jou kom haal
nog lank voor die dood* kon,maar jy’t ons geleer ‘n hartseertraan
word eindelik ‘n traan van blydskap.
Rus nou sag, tata Madiba –
Lala ngoxolo, tata.
* “Die dood is iets onafwendbaar. Wanneer 'n mens gedoen het
wat hy as sy plig teenoor sy mense en sy land ag, kan hy in vrede rus. Ek glo
ek het dit vermag en daarom sal ek in die ewigheid kan slaap.” - Nelson Mandela
©2013 Selwyn Milborrow
No comments:
Post a Comment