About Me

My photo
Gqeberha, Eastern Cape, South Africa

Friday, July 18, 2025

Ons boek aan personeel en studente van Michigan State University by Nelson Mandela Universiteit oorhandig

Ons boek, ‘Madiba se Aanhalings en Staaltjies,’ ondersoek 27 kern-aanhalings van Nelson Mandela. Daar word ‘n verbintenis getrek tussen elke aanhaling en sy 27 jaar van gevangenskap, asook sy lewe daarna. Deur ons gesamentlike poësie en persoonlike kommentaar bied Bevan en ek ‘n dieper begrip van hierdie diepgaande uitsprake van Madiba.


Kopieë van ons boek, ‘Madiba's Quotes & Anecdotes’ is onlangs aan besoekende personeel en studente van Michigan State University by Nelson Mandela Universiteit oorhandig.







Sunday, May 25, 2025

Kreatiewe Beserings

Kreatiewe Beserings – Selwyn Milborrow

Ek dra al dekades lank die littekens van ’n kreatiewe besering. As ’n bruin seun in die laat tagtigs, midde-in apartheid, het ek op hoërskool geleer dat woorde wapens kan wees; hulle vorm persepsies, bou verhoudings, inspireer, breek af, en maak seer.

Op sestienjarige ouderdom het ek ’n opstel geskryf - ’n storie geïnspireer deur die boeke wat my wêreld was. Ek het die woorde soos bakstene gerangskik, elkeen met mekaar gebalanseer. Maar toe ek my opstel indien, het die onderwyser dit met rooi ink gemerk: “swak, verbeeldingloos!” Hy het nie eers my naam onthou nie. Net toe ek daarvan wou vergeet, het die voorligtingsonderwyser maande later my droom om skrywer te word uitgelag. Hy het almal in die klas gevra om beurtelings op te staan en ons toekomsdrome te deel. Sy aansteeklike lag vir my onmoontlike toekomsdroom het my klasmaats saam laat uitbars van die lag. Ek moes leer: my woorde is belaglik. My stem en my taal is bruin, onwaardig en dom. Terloops, die onderwysers was almal ook bruin! Dit het iets in my binneste seergemaak, geskroei, en beskadig.

Dit gaan natuurlik ook oor ‘emotional inheritance’. Die dinge wat ons onderwysers, ouers na ons toe oorgedra het. Die traumas waarvoor ons nooit gevra het nie, die respek en aanvaarding wat ons nooit ontvang het nie. My bruin Afrikaans by die huis het helsbreed verskil van die wit Afrikaans in die klaskamer. My ouers het my herinner om mooi Afrikaans te praat soos ek op skool leer. So, dit strek verder terug as net ‘n ervaring met ’n onderwyser of professor. My ouers, familie, kindervriende was karweiers van daardie ‘emotional inheritance’. Ons moet ons hele lewe konfronteer. Die kollektiewe geheue is kragtig!

Jare later het ek ’n naam daarvoor gevind: kreatiewe besering. Dit is in ’n brief wat Suleika Jaouad oor haar kreatiewe besering met lesers gedeel het. Sy het beskryf hoe kinders se verwondering deur volwassenheid vernietig word. Haar woorde het my diep getref, maar ook lig en verligting gebring. Dit was presies wat ek jare gelede ervaar het. Ek wou vir jare nie daardie vernedering op hoërskool met mense deel nie. Elke keer as ek ’n nuwe stuk wou begin, het ’n stem gefluister: "Hou dit vir jouself. Blootstelling beteken pyn."  

Soms moet die storms van die lewe eers oor ons spoel voordat ons werklik waardeer wat ons het - die gewone wonderwerke wat ons daagliks omring maar selde raaksien. Dit was die geval met my ma en die slrywer, Annelie Botes. Albei was wonderwerke in my daaglikse lewe. Ek kon hierdie twee reuse nie miskyk nie. My ma was ’n vrou wat ’n bobaas storieverteller was. Sy het my geleer om te skryf sonder vrees, om die vreugde van ’n storie te vier. Die skrywer, Annelie Botes het ook my talent as ’n storieverteller raakgesien. Ek het my woorde weggesteek totdat sy in my lewe verskyn het. Sy, my “wit antie,” was nie familie nie, maar het my raakgesien in ’n tyd toe ek myself onsigbaar gehou het. Sy was ’n skrywer met ’n reputasie, ’n vrou wat my hand gevat het en gesê het: “Kom, ons gaan jou storie opteken.” Sy het my figuurlik aan die “pen” gevat. Sy het my uit ’n donkerte gelei waar ek vir jare lank vasgekeer was. “Jy het ’n stem, Selwyntjie!” het sy gesê. “Moenie toelaat dat hulle jou skaam laat voel daarvoor nie.”

Met elke digbundel en boek herwin ek ’n stukkie van die kind wat kreatiewe beserings opgedoen het, wat geweet het: skepping is ’n daad van rebellie. My ma en my wit antie het seker gemaak dat ek dit onthou.

Jaouad is reg: kreatiwiteit en verwondering vergaan nooit heltemal nie. Hulle lê begrawe onder die littekens - geduldig, wag om opgegrawe te word. Tussen die kloof van pyn skemer die lig van heelwording. En so, met elke letter wat ek neerpen, eis ek iets terug: nie net vir die man en skrywer wat ek nou is nie, maar vir daardie seun wat geglo het sy stem tel nie.

Dan is daar ook die ironie! Dat dit ’n wit vrou was wat my aan die hand - of my pen - gevat het in hierdie heelwording van my kreatiewe beserings. Sy, wat self geen littekens van my stryd gedra het nie, het ’n persoonlike en kulturele brug geword. Dis dalk die grootste wonder van alles: dat genesing soms uit onverwagte oorde kom, en dat selfs in die skadu van onreg, die mensdom sy menslikheid en medemenslikheid kan wys.


Friday, April 25, 2025

My Master's Degree honouring poet, Clinton V. du Plessis

I recently celebrated the conferral of my Master of Arts degree in Afrikaans and Dutch at Nelson Mandela University's Autumn Graduation 25. My thesis, titled "Themes and trends in the poetry of Clinton V. du Plessis," offers the first in-depth academic study of Du Plessis’s extensive body of work. Spanning over four decades, his poetry has long remained on the periphery of scholarly attention - until now.

Du Plessis, an acclaimed poet whose work has historically occupied a position on the periphery of the Afrikaans literary canon, was present for the awarding of my degree. I had the honour of presenting Du Plessis with a bound copy of my completed thesis - symbolising the convergence of primary creative work and critical scholarship.


My research makes a substantial contribution to the field of contemporary Afrikaans literary studies through its systematic identification and analysis of dominant thematic concerns and stylistic characteristics in Du Plessis's poetry. The study particularly focuses on the representation of marginalized figures, racial discourse, working-class experiences, distinctive language usage, concepts of transience, and intertextual relationships - elements that have defined Du Plessis's unique literary voice.

The scholarly significance of my research extends beyond the completion of degree requirements, addressing a notable lacuna in the critical examination of poets on the fringes of the literary canon. By methodically investigating an important yet previously under-researched corpus of work, my thesis enhances our understanding of the sociocultural dimensions of contemporary Afrikaans poetry.

I am profoundly grateful to my supervisor, Professor Marius Crous, whose intellectual mentorship and exceptional guidance were instrumental throughout my research process. I also wish to express my appreciation to my co-supervisor, Dr. Stefan van Zyl, for providing rigorous feedback and constructive criticism that facilitated both my scholarly advancement and personal intellectual development during this research journey.

I extend my heartfelt thanks to Clinton V. du Plessis for his generosity in granting me access to his work and for his gracious support throughout my research. His poetry continues to challenge, move, and inspire - and it was an honour to engage with it so closely.


Ons boek aan personeel en studente van Michigan State University by Nelson Mandela Universiteit oorhandig

Ons boek, ‘Madiba se Aanhalings en Staaltjies,’ ondersoek 27 kern-aanhalings van Nelson Mandela. Daar word ‘n verbintenis getrek tussen elke...